
VRY VOëL
Wat is n "glanspersoonlikheid"? Wat staan 'n Afrikaanse sanger te doen as hy wel die persoonlikheid het, maar nie die glans nie? Hy vra iemand met genoeg glans vir 2 om langs hom te glinster !
In hierdie vertoning sal dit nie moeilik wees om te sien wie die "glans" verskaf nie; dit is Nicole Holm, wat met haar kragtige stem en verhoogpersoonlikheid 'n nuwe dimensie verskaf aan die Koos Kombuis-solo-shows wat ons die afgelope klompie jare leer ken het.
Koos Kombuis het sy bekende oeuvre onlangs uitgebrei en effe wegbeweeg van die politieke kommentaar en sinisme van sy vorige album "Bloedrivier". Met sy nuwe werk raak hy persoonlike kwessies aan, sy drome, sy vrese, dit waarin hy glo, dit waaroor hy spyt is, dit wat hom verbly. Hierin opgesluit lê die drome, vrese, geloof, berou en vreugdes van elkeen wat daarna luister.
Die kroegstoel en die bottel rooiwyn sal nog steeds daar wees, die hardebaard-lirieke en eenvoudige kitaarklanke, maar hierdie keer is daar ook iets vir die oog, om nie van die kritiese oor te praat nie.
“Vry Voël” word deur resensente beskryf as een van die HOOGTEPUNTE by die afgelope KKNK.
Terug na Voorblad