|
|
My CD'SDownload MP3:Rhythm Records Online Sales: Kalahari.net * Ontug in die Lug - Elmarie - Swart Transvaal - Voedselvergiftiging - Lalie, Bar op de Aar - Valerie - Ver van die Ou Kalahari - Coca-Cola Nooi - Lady van die Bo-Dorp - Boer in Beton * In 1987 word Ver Van Die Ou Kalahari op kasset uitgegee deur Shifty Records, en in 1994 heruitgereik op CD. IRIS hanteer die verspreiding. Die grootste deel daarvan is opgeneem in 'n ateljee, met kort insetsels van 'n demo-kasset wat ek aan Shifty gepos het, juis in die hoop dat hulle my sou famous maak ! Lloyd Ross was verantwoordelik vir die produksie, en Dineke Volschenk het my bygestaan op vocals. Die kasset kry geen airplay by die SAUK nie; dit word gelabel met 'n plakkertjie wat sê: "VERMY !". My gunsteling-liedjie op hierdie opname is een wat ek destyds vir my girlfriend Jillian Botha geskryf het, Ontug in die Lug. * Paranoia - Liedeskwela - Lisa se Klavier - Bomskok Babalaas - Blond en Blou, Swart September - Babilon Blues, Autobank Vastrap - Sweet Paradise - Kaalvoet oor die Drakensberge - Onder in my Whiskeyglas - Baskitaar * Net soos Ver van die Ou Kalahari, verskyn Niemandsland onder die vaandel van Shifty Records as 'n LP (1988) en daarna ook as CD (1994). Dit word tans versprei deur IRIS. My goeie vriend, een van die min wat ek oorgehou het uit daardie dae, Lloyd Ross, was producer en 'n volledige band het my begelei in die ateljee. Ek het die voorreg gehad om met regtig goeie musikante saam te werk, o.a. Bernoldus Niemand (James Phillips) en Ian Herman (Tananas). Die CD word effens vriendeliker ontvang deur die SAUK, hulle speel selfs een liedjie, Lisa se Klavier, tot vervelens op die radio (dit is terloops die enigste song wat nie "VERMY !" word nie). * Travel in Staail - Boer in Beton - Bicycle Sonder 'n Slot - Kytie - Rooi Kombuis - Prayer for Port St. Johns - Ons en Hulle - Kaptein Koebaai - Lisa se Klavier - Elke Boemelaar se Droom - Springbokheld - 30 Silwer Sikkels - Johnny is nie Dood nie - Babilon Blues - Sommige ou Tannies Blues - Voete van Johannesburg * Die sukses van die liedjie Lisa se Klavier maak 'n paar kommersiële deure vir my oop en in 1994 verskyn Elke Boemelaar se Droom by 'n regte groot kanon platemaatskappy - Gallo Music. Anton Goosen doen die produksie en 'n horde musikante werk saam aan die opname. Sommige van hulle ontmoet ek nooit eers nie - dit is die wonder van moderne tegnologie ! My gunstelling hier is die bekfluitjie-solo van Piet Botha op die liedjie Prayer for Port St. Johns.Anton Goosen het die tune geskryf vir Rooi Kombuis, en ook beide die lirieke en wysies van 30 Silwer Sikkels en Voete van Johannesburg. Valiant Swart het my weer help skryf aan die tune van Sommige Ou Tannies. Die CD word opgeneem met die klem op radio-vriendelike musiek, maar steeds pryk die "VERMY" plakker by helfte van die titels ! MADIBA BAY * Rock & Roll Road - Madiba Bay - Hartseerland - Who Killed Kurt Cobain - Winterkind - Sweet Freedom - Atlantis in Jou Lyf - Pockets of my Jeans - Mona Lisa - Huisie by die See - Live Beyond the Law - Voortrekker Road - Duco Box Rasta * Al weer 'n nuwe platemaatskappy ! Eckard Potgieter van Wildebeest Records wen my vertroue in 1997 en Madiba Bay verskyn kort daarna. Die opname van die CD by Sunset Studios net buite Stellenbosch was regtig 'n plesier. Dit is bloot toevallig dat heelwat van die liedjies Engels is, ons het maar net die mooiste tracks gekies. Chris Vermaak, die producer, was tea-boy tydens die opname van Elke Boemelaar se Droom. Hy maak beter CD's as tee ! Weer eens word ek bygestaan deur briljante musikante, maar hierdie keer brainstorm almal, van Eckard tot Kannetjie, saam aan die produksie ! Dankie Valiant, vir die titel.Uiteindelik - geen "VERMY !" plakkertjies nie. Selfs die stoutgat tunes kry airplay. Viva die Nuwe Suid Afrika, Viva ! Stone, ontwerper van die CD voorblad, wen die 1998 FNB/ASAMI-toekenning vir beste ontwerp. In 2001 koop ek die regte van die opname terug by Wildebeest. Versprei deur Select. * Almal Kaffers in Ons Hart - Liela se Kitaar - A.W.B Tiete - Blameer dit op Apartheid - Everybody Wants You - Verslaaf aan Ruk en Rol - Loser's Universe * Saam met Madiba Bay verskyn die kortspeler Blameer dit op Apartheid. Dit is 'n impromptu opname saam met die Warmblankes na 'n voorstel van Doris Delay. Die CD is rof en onbeskof, opgeneem in 'n paar uur en beslis nie vir ou tannies of sensitiewe ore nie !Jaap Yspeert het die wysie van Loser's Universe bygedra. 'n Beperkte oplaag van Madiba Bay en Blameer dit op Apartheid word saam onder die titel Koos se Boks uitgereik. In 2001 koop ek die regte van die opname terug by Wildebeest. Versprei deur Select. * Lisa se Klavier - Coca-Cola Nooi - Liefde uit die Oude Doos - Springbokheld - Prayer for Port St. Johns - Lalie - Lady van die Bo-dorp - Die Gypsey in jou Oë - Atlantis in jou Lyf - Onder in my Whiskeyglas - Mona Lisa - Pockets of my Jeans - Bicyle Sonder 'n Slot - Sweet Freedom - Die Rooi Kombuis * Die tyd is ryp vir 'n "greatest hits" CD ! In 1999 sit Wildebeest Records hul goeie werk voort met die uitreiking van Mona Lisa, 'n versameling van die mooiste liefdesliedjies van al die vorige CD's, met 'n paar nuwe liedjies daarby. Thanks, Piet Botha en sy band, vir die befokte tune van Gypsey in jou Oë. In 2001 koop ek die regte van die opname terug by Wildebeest. Versprei deur Select. * Lisa se Klavier - Hartseerland - Lente in die Boland - Oorlog van die Lem - Huisie by die See - Liefde uit die Oude Doos - Everybody Wants You - Johnny is nie Dood nie - Verslaaf aan Ruk en Rol - Paranoia in Parow-Noord - Sommige Ou Tannies Blues * My enigste live CD, opgeneem tydens shows by die Grange Teaterkafee in Durbanville. Die CD sou nie die moeite werd gewees het sonder Albert Frost se kitaatklanke nie ! Geen recordcompany was hierby betrokke nie. Versprei deur Select. * Langs die Goue Rivier - 'n Kaartjie van Koos - 'n Jaar in die Son - Salaam - Kleinmond Koebaai - Liedjie vir Marleen - Met my Stukkende Kitaar - Who do you Sue? - Song vir Swakopmund - Insomnia - Buiteperd - My Magic Goeie Fee - Diknek en Kleintandjies - Die Apokaliptiese Akapella *
Dit moes mos gebeur! Ek en Valiant kom so 'n lang pad saam, maar nog nooit het ons 'n plaatjie saam gemaak nie. Ek en my ou maat het gesing en gejol en Albert du Plessis van Rhythm Records het die res gedoen. Dit was 'n plesier, ek hoop julle geniet dit ook. * Picasso se Song - Wrapped Around the Moon - Kerke van die Nag - Sestien Jaar met 'n Vals Kitaar - Skadu-girl - Lalie - Equilibrium met Lithium - Oorlog van die Lem - African Skyline - Luierliedjie - Op die Plaas - Oumense wil nie Ruk-en-Rol nie - Bach by die Voortrekkermonument - Jy was nog nooit in Langstraat as die Reën nie * Uiteindelik 'n splinternuwe CD! Ek was so beïndruk met die klank van Om te Breyten dat ek die producer, Albert du Plessis genader het om te help met my eie nuwe CD. En dit was die regte ding om te doen! Self was ek maar net 'n dag en 'n half in die studio om my stem en kitaar vas te lê, die res het ek in Albert se hande gelaat. Hy het my verras met sy keuse van Benguela as studio-band, maar dit was voorwaar 'n aangename verrassing. Ek is geweldig trots op die eindproduk! Equilibrium word vrygestel deur Rhythm Records Baie dankie aan Annelize Olivier en Gerrie Pretorius vir die lirieke van onderskeidelik Picasso se Song en Skadu-girl; en vir Nols, my geestelike mentor, vir die tune van Kerke van die Nag. * Die Fokkol Song - Hoe Lank Moet Ons Nog Sorry Sê? - Oumense Moenie in die Water Mors nie - Reconciliation Day - Mercy Me - Fat Cat Piete (ANC Tiete) - Baas Jack - Die Einde van die Reënboog - Katrina, the Aftermath - Johnny is nie Dood nie - Waar is Mandela? - Matjiesfontein - Anderkant die Longdrop - Hidden Track * Kyk of jy al hierdie ouens en vrouens kan hoor op die CD: Schalk Joubert, Willem Moller, Melissa van der Spuy, Kevin Gibson, Hanepoot van Tonder, Adriaan Brand, Nicole Holm, Francois Blom, Anton Goosen, Stef Bos, Gert Vlok Nel, Brenda Burnit, Lente Louw, Hilandi du Toit, Gerald Clark, Schalk van der Merwe, Vernon Swart, Rick Stander, Pietman Geldenhuys, Robin Auld, Michael Horn, Michelle van Dyk, Natalie Chapman, Phillip Pretorius, Werner van der Hoven, Rocco de Villiers, Brendan Hollins ! " Want, so waar as wragtag, hierdie kak moet nou endkry." - Koos Kombuis 15 Februarie 2008 Versprei deur Select Music Distribution. * Suid van Capricorn - Geel September - Ek is 'n Brug - The Faith Song - Lisa se Klavier - Net 'n Bietjie Stilte - Bicycle Sonder Slot - You Built the Wall - Onder in my Whiskeyglas (Reggae Version) - Die Laaste Dag van die Fees - Lady van die Bodorp II - Resessie-Blues - Atlantis in Jou Lyf - Ek Wens ek was Daar - Slaan Daai Dromme - Almal wil 'n Huisie by die See Hê - Swart September - Die Pinotage Song * Na die storm-en-drang van Bloedrivier wou ek graag terug na 'n eenvoudiger klank, ek is ook geïspireer deur die klankbaan van "Juno". Sommige van die liedjies is ou goed, wat ek graag weer wou oor opneem. Atlantis in Jou Lyf is dieselfde opname as wat destyds op Madiba Bay gebruik is, maar sonder daardie een verkeerde noot, wat my nog altyd grensloos geïriteer het ! Ek Wens ek was Daar en Slaan Daai Dromme is beide vir mense na aan my hart geskryf en vol persoonlike emosies. En na The Faith Song hoop ek regtig dat mense my nie langer sal vra:"Koos, wat GLO jy nou eintlik?" nie ! Versprei deur Select Music Distribution
|
|
|---|