Voorblad
Biografie
'n Musikant
'n Skrywer
Kiekies (Gallery)
My Boeke
My CD's
Lisa se Klavier
Koop Boeke, CD's
Laai MP3's Af
Free Music (Groen Fokkol Song)

 
 

   My Boeke

Bestel vanaf Kalahari.net

Suidpunt-Jazz Somer IISuburbiaDie Geel KafeeSeks & Drugs & BoeremusiekHotel Atlantis Raka - die romanMy Mamma is 'n TaalAfrikaans my DarlingDie Dieper DorsThe Complete Secret Diaries of God Tyd van die Kombi's

 

SUIDPUNT-JAZZ  Heruitgawe
(Human & Rousseau, 2004)

Dié heruitgawe van Suidpunt-Jazz bied 'n terugreis deur die dekades na die veelbewoë jare tagtig: voor die aanbreek van die Nuwe Suid-Afrika, en voor die skrywer André Letoit finaal besef het hy gaan nooit die Groot Afrikaanse Roman skryf nie.  Suidpunt-Jazz is die verhaal van 'n skrywer, sy boek en sy karakters.  Dit vertel ook die storie van 'n geskiedenisdosent se onthutsende boesoeke aan die verlede, met 'n onkonvensionele aartsengel as metgesel - van Jan van Riebeeck se landing aan die Kaap tot Piet Retief se laer by Bloedrivier... En dit kan net tot een ding lei: 'n piekniek by Dingaan!

"...as virtuose, uitbundige, prikkelende, nodige, jazz-roman het Suidpunt-Jazz nie sy gelyke in Afrikaans nie." - André P. Brink

Terug Boontoe
 

SOMER II  Heruitgawe
(Human & Rousseau, 2006)

"DIE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS DIE DOOD. DIE TWEEDE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS DIE LEWE. DIE DERDE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS UITGEWERS. UITGEWERS IS MY DOOD," verneem die leser in die roman (en wel in hoofletters en vetdruk). Maar die jong skrywer het hom voorgeneem hy gaan die hele Afrikaanse letterkunde omkeer en herorganiseer om hóm te pas. Dus stap hy 'n uitgewer se katoor binne en laat sy manuskrip daar, met streng instruksies dat die uitgewer dit nie mag lees nie... Met hierdie heruitgawe van die roman het die skrywer reeds meer as net die letterkunde omgekeer, as Koos Kombuis: sanger, skrywer, als.

Terug Boontoe
 

SUBURBIA   Heruitgawe
(Protea Boekhuis, 2003)

'n Jaar voordat hierdie bundel vir die eerste kaar verskyn het (1982, Perskor), het 'n ander uitgewer my aangeraai om "nooit weer publikasie [te] oorweeg nie" en net te "skryf vir ... terapie" ! Die bundeltjie het lank reeds van die rakke verdwyn, maar is nou weer beskikbaar danksy Protea Boekhuis. Gebreke is daar baie - te veel herhaling, selfbewustheid, 'n slaafse navolging van Breytenbach - maar dit is en bly 'n tydsdokument van daardie jare.

Terug Boontoe
 

DIE GEEL KAFEE   Heruitgawe
(Protea Boekhuis, 2003)

Ten spyte van gebreke, is Die Geel Kafee, soos ook Suburbia, 'n waardevolle momento van die vroeë jare se stryd om die emansipasie van Afrikaans onder 'n vorige, nog beklemmender bewind. En dalk, wie weet, dien dit as inspirasie vir jong digters en skrywers.

Terug Boontoe


SEKS & DRUGS & BOEREMUSIEK  Outobiografie
(Human & Rousseau, 2000)

My lewensverhaal, soos ek dit onthou! Uitgegee deur Human & Rousseau. Ek het dit vreeslik geniet om die boek te skryf en is trots op die resultaat.  Die eerste paar drafts moes ek weggooi; ek was bitter en  kwaad vir te veel mense, maar dit was noodsaaklik om daardeur te worstel ten einde die humor raak te sien.  Die beste kritiek wat ek nog oor die boek gekry het,was van my skoonma.   Sy het gesê sy voel sy sou ook so 'n boek kon skryf, maar dat sy nooit so eerlik sou kon wees nie.

Terug Boontoe


HOTEL ATLANTIS
Roman
Human & Rousseau, 2002

Dis die jaar 2012, en die wêreld is 'n donker, gevaarlike plek...

'n Skrywer en sy hond reis met 'n Land Rover teen die Weskus op. Hy is op soek na inspirasie nadat die uitgewers sy mees onlangse roman-manuskrip afgekeur het. In die proses ontdek hy nie net baie dinge omtrent homself en sy lewe nie; hy word ook ingesleep in die vrese en intriges van 'n klein groepie desperate mense wat op die klein dorpie Salem wegkruip vir die einde van die wêreld.

Verwag die onverwagte.

Terug Boontoe
 

RAKA - DIE ROMAN
(Human & Rousseau, 2005)

Die dag toe die ondier gekom het, was die weer matig, en daar was nog geen teken van die strawwe winter wat sou volg nie - óf van enige van die opspraakwekkende gebeure wat die Oppermans in die volgende weke en maande sou tref nie.

"Raka die roman kan as ’n kabaretroman bestempel word soos dié wat Brecht, Erich Kästner en Guus Vleugel in Europa geskryf het; Koos Kombuis se roman, met musiekinsetsels kompleet, is waarskynlik die eerste kabaretroman in Afrikaans."  Hennie Aucamp

Terug Boontoe


MY MAMMA IS 'n TAAL  Versameling Prosa
(Human & Rousseau, 2001)

Gedurende die laaste vier jaar het ek gereeld essays gelewer vir publikasie in verkillende tydskrifte en op die Litnet Webblad. Ek het die werk vreeslik geniet.  Dit was die ideale geleentheid om ontslae te raak van al my frustrasies oor dinge wat pla, maar ook 'n kans om so af en toe lekker die draak te steek of sommer net te mymer oor allerhande twak.  Dit was Etienne van Heerden wat my die idee gegee het om die skrywe in 'n bundel saam te voeg.  En, soos ook met Seks & Drugs & Boeremusiek, het Etienne Bloemhof van Human en Rousseau dinge op koers gehou.  Die titel is geïnspireer deur Valiant Swart se liedjie "My Mamma is 'n Stad".

Terug Boontoe
 

AFRIKAANS MY DARLING Versameling Prosa
(Human & Rousseau, 2003)

Die inhoud van hierdie versameling is in tydskrifte, koerante en op die internet gepubliseer oor 'n tydperk van drie jaar. Die meerderheid van die rubrieke is 'n keuse uit dié wat in Rapport verskyn het.

Terug Boontoe


DIE DIEPER DORS Versameling Prosa
(Human & Rousseau, 2006)

Die Dieper Dors is meer as net 'n bundel rubrieke. dit is 'n collage van gedagtes, essays en selfs poësie. In samehang lees dit soos 'n seldsame en uiters ontboesemende gesprek tussen die skrywer en homself; vol humor, patos en interessante brokkies inligting wat tot dusver streng geheim was. 

Terug Boontoe
 

THE COMPLETE SECRET DIARIES OF GOD Novel (Satire)
(Human & Rousseau 2008)

The fictional God that Kombuis has created is a God of kindness, but he is also a God of fallibility who is looking over his life (several trillion years long) and judging himself and his actions. But the book is more than just a book about God and his travails in trying to form a relationship with the people and planet he created, it is also a biting satire on the world we have created. In the new version God is taken to a prison called Beverly Hills, from where he only manages to escape when he volunteers to be a Grim Reaper. The politics of Heaven and Hell, the Devil's "Plan B", Paul's letters to the Americans, the British and the Pope - many outrageous events are related in this new version!

Terug Boontoe

DIE TYD VAN DIE KOMBI'S (English Title: SHORT DRIVE TO FREEDOM) Outobiografie (Autobiography)
(Human & Rousseau 2009)

Daar het so baie goed gebeur waarvan ek vergeet het, of waarvoor daar nie ruimte was in Seks, Durgs & Boeremusiek nie, dat ek eenvoudig nog 'n outobiografie MOES skryf ! Hierin fokus ek spesifiek op die Voëlvry-era, al daai Toere, al daai Kombi's...

Terug Boontoe